Visser, Petrus Jurgens [Piet]

[22 April 1972 - ]

 
     
 

Piet Visser is op Aurora in die sandveld gebore en het sy Hoërskool loopbaan daar voltooi.

Sy belangstelling het al van kleins af begin en dit is geen wonder nie want daar is welbekende musikante aan albei kante van sy familie. Sy pa het kitaar en bekfluitjie gespeel en sy oupa (aan sy pa se kant) het konsertina gespeel. Sy oupa aan sy ma se kant het ook bekfluitjie gespeel. Oom Japie Laubscher was sy oupa aan sy ma se kant se neef en die bekende oom Jan Visser was sy ander oupa se neef.

Piet het al op 10 jarige ouderdom begin musiek maak deur kitaar en bekfluitjie te speel. Op 15 het hy die konsertina aan gepak op die tradisionele styl. Hy en sy broer moes eendag vir die oumense gaan speel het, maar het nog nie so baie liedjies op daardie stadium geken nie. Hulle het maar Suikerbossie vir amper 'n halfuur aanmekaar gespeel en die oumense het lekker vir hulle gelag.

 

Vandag, na byna 23 jaar, bespeel hy die engelsekonsertina, boerekonsertina, kitaar, banjo en baskitaar. Hy het sy sy eie orkes nl. VAT 5 en hulle speel gereeld by danse, troues en verjaarsdae. Die orkeslede is as volg:

Piet Visser : Konsertina
Rita Bester : Kitaar
Wehan Bester : Kitaar
Wessel Germishuizen : Banjo
Piet Bester : Baskitaar

Wehan Bester is Rita se kleinkind en Piet Bester is haar seun.


Die VAT 5 Boereorkes tydens 'n kompetisie in Bredasdorp, Oktober 2008
vlnr. Rita Bester, Wehan Bester, Piet Visser, Wessel Germishuizen
(Piet Bester was afwesig)

Hulle eerste opnames het in 2008 die lig gesien. Die CD heet Allawêreld en is baie gewild.

 

Piet het hom as Wapen Instrukteur en Assessor bekwaam en is tans woonagtig in Kraaifontein, Kaapstad.

Full Name: 
Visser, Petrus Jurgens [Piet]
Birth Date: 
1972-04-22

Content type

Artists