Palm, Willie
Oom Willie Palm was die leier van hierdie groepie baanbrekers. Hy is in 1894 in Ficksburg gebore. Hy was nog maar 'n kind toe sy ouers na Boksburg verhuis het. Oom Willie het sy skoolloopbaan dan ook hier in die Transvaal begin en klaargemaak. Op 17-jarige leeftyd het hy met die musiekinstrumente begin en kort voor lank kon hy die konsertina, kitaar, huisorrel en basviool speel.
Op 22-jarige ouderdom is hy met Tant Lettie getroud. Sy was ook 'n uitstekende musikant en was veral vaardig met die kitaar en klavier. Sy kon ook 'n paar goeie stukkies op die konsertina speel! Hierdie twee het pragtig gekombineer en later is hulle bekende orkes, naamlik die Vier Hugenote, gestig.
Die Vier Hugenote het uit die volgende spelers bestaan:
Willie Palm (leier) | : Konsertina |
Lettie Palm | : Klavier |
Pietie Vermaak | : Kitaar |
Alec Vermaak | : Kitaar |
In die vroeë dertigerjare het die orkes hierdie klompie waardevolle plate gemaak:
Bruilof Settees |
His Master's Voice GX 12 |
Op Laas polka Lettie se wals |
His Master's Voice GX 21 |
Jemkoek-polka Piet se wals |
His Master's Voice GX 26 |
Mampoer polka Boere-wals |
His Master's Voice GX 32 |
Willis - Mazurka Kom ons dans - settees |
His Master's Voice GX 39 |
Vergeet nie-wals Annie ruik na gom - settees |
His Master's Voice GX 46 |
Oom Koos se - mazurka | His Master's Voice GX 51 |
Ou Tyd-settees Bablas-polka |
His Master's Voice GX 52 |
Tant Siena - settees Lekker-polka |
His Master's Voice GX 58 |
U sal merk dat op GX 51 net een van hierdie orkes se nommers opgeneem is, want op die keersy is Bobbejaan klim die Berg van die Ses Hartbrekers.
Die pragtige Lettie se wals het oom Willie ook na sy vrou vernoem. Hierdie wals word vandag nog dikwels deur ons hedendaagse musikante uitgevoer. 'n Ander bekende nommer van hom, Mampoer polka, is verwerk en word nou die Kliprivier polka genoem.
Die plaat GX 39 het nooit in Suid-Afrika op plaat verskyn nie. Ons versamelaars het al die His Master's Voice-plate se reeksnommers nagegaan en toe tot ons onsteltenis ontdek dat 'n paar van die reeksnommers in niemand se besit is nie! Ons het herwaarts en derwaarts gesoek, koppe bymekaargesit maar sonder enige sukses. Lourens Aucamp het weer eens tot ons redding gekom toe hy vasgestel het dat die oorspronklike opnames nog by His Master's Voice se kantore in Londen is! Dit is 'n wonderlike voorreg om na bykans 70 jaar hierdie "ou" nommers vir die eerste keer "splinternuut" te kon hoor. Daar is vasgestel dat daar nog twee opnames van Die Vier Springbokke en twee opnames van Die Vyf Dagbrekers ook is.
Gelukkig het oom Willie en tant Lettie in hulle goue herfsjare vir ons 'n pragtige langspeler, Die Vier Hugenote Speel Weer, nagelaat. Albei die Vermaaks was toe ongelukkig reeds dood maar die opname is nogtans baie goed.
Willie en Lettie Palm
Op hierdie plaat verskyn die volgende nommertjies:
Kant 1
|
Kant 2
|
Sampie se polka | Gwen se polka |
Hennie se settees | Willie se wals |
Oom Palm se wals | Outydse-tweestap |
Outydse Lanser | Lettie se wals |
Pietie se wals | Baandans |
Rooirokkie-vastrap | Willie se mazurka |
Boerewals | Mampoer polka |
