Breval, George

George Breval het die klavier in die Vier Springbokke bespeel.

Na 'n hele paar jaar se navrae het Piet Bester gelukkig meneer J.P. (Koos) Ronge, 'n boer naby Gravelotte in die Noord-Transvaal, opgespoor wat baie inligting kon gee. Ons bedank Koos en sy gawe eggenote vir al die vriendelikheid en gasvryheid, want dit was aangenaam om hulle te besoekMet Koos se hulp het hy meneer J. Breval van Kloof, Durban, opgespoor. George was 'n oom van hom en hy het vertel dat George 'n weeskind was wat in die Nazareth Home, in Johannesburg, grootgeword het. Hy was baie musikaal en het homself leer speel. Hy was later so goed dat hy musiek kon lees en skryf en het toe ook musiekles gegee. Hy het pragtig met die orkes gekombineer en hulle het 'n uitmuntende eenheid gevorm as 'n goeie voorbeeld van egte tradisionele boeremusiek.

Full Name: 
Breval, George

Content type

Artists