Willem Mostert

Willem Andries Mostert is gebore opĀ 16 Augustus 1945. Hy het op 14 jarige ouderdom begin musiek maak met die trekklavier en 8 maande daarna begin leer met die konsertina. Sy pa se broer, wat ook n kranige konsertina speler was, het hy gereeld besoek om te kyk hoe hy vorder. Hy het maar op die plaas gesit en oefen so veel as wat hy kon, en aanhouer het gewen! Willem was 'n baie begaafde konsertina en trekklavier speler en het gereeld op danse in die Springbok, Port Nolloth en Alexanderbaai omgewing gespeel. Hy is bygestaan deur wyle Tiekie (Eduard) Mostert. Wyle oom Willie Nelson het baie gaan kers opsteek by oom Willem Mostert. Oom Willem het, alhoewel hy 'n baie goeie musikant was, nooit die geleentheid gekry om professionele opnames te maak nie. Al nalatenskap wat hy agter gelos het van sy puik konsertina spel, is 'n paar kasette met tuisopnames. Willem is oorlede op 06 Augustus 1995 en laat verseker 'n groot leemte in veral Namakwalandse Boeremusiek.

Full Name: 
Mostert, Willem Andries [Oom Willem]
Birth Date: 
1945-08-16
Decease Date: 
1996-08-06

Content type

Artists