Janus Heystek

My naam is Janus Heystek. Gebore 12 September 1996 in die Paarl.

My liefde vir Boeremusiek het begin op baie jong ouderdom waar my ouers dit by die huis deur die week en naweke gespeel het...ja Rolenda Heystek is my ma.

Ek wou aan die begin af glad nie weet van om 'n instrument te leer speel nie, en glad nie om boeremusiek te leer speel nie al was ek lief daarvoor.

My ma het later vir my n kitaar gekoop, maar ek wou liewer op daardie stadium dromme leer speel. Maar intussen tyd het ek oral saam gegaan waar daar boeremusiek gemaak word...ek het self eenkeer die Riel gedans en gewen.

Later het ek die liefde ontdek vir viool musiek toe ek hoor hoe my oupa Hans blikviool speel. Waarna ek vir lesse gegaan het. Maar daardie passie het nie lank gehou nie.

My ma het intussen saam met Daantjie Kotze musiek begin maak en Daantjie het my gevra of ek nie sal belangstel om baskitaar te leer speel nie, want Kaapland Boereorkes het op daardie stadium n baskitaarspeler gesoek. Ek wou eers niks weet nie, maar toe het ek besluit om te probeer.

Ek moes die baskitaar leer speel in n kwessie van twee weke, na twee weke met behulp van André Victor jnr kon ek die baskitaar speel en net die nodige drukke wat belangrik was...en toe was daar geen keer aan my leergierigheid nie.

Intussen het my ma my gevra of ek nie wil kitaar wil leer speel nie...en ek het ja gesê want na twee jaar op baskitaar was ek ywerig om kitaar ook te leer speel, sy het my drie basiese drukke gewys en ek het Theo Slabbert se " Vaalrivier settees" op gespeel.

My neef Gerhard Theunissen wat ook n groot boeremusiek liefhebber is het my nog n paar belangrike drukke geleer en van daar het ek my verder self geleer. Ek het toe stelselmatig oor geskakel van baskitaar na kitaar in die orkes.

Wat my kitaar spelery so lekker en spesiaal gemaak het, was om met my oupa Hans se kitaar van oor die 40 jaar wat ek geërf het te speel. Op n latere stadium het ek 'n liefde vir die trekklavier ontwikkel en dit het my gefasioneer hoe dit klink.

My ouers het in 2015 vir my, my eerste trekklavier gekoop. En toe was daar geen keer aan my om dit te leer speel nie. Ek het maar stil stil in my kamer in die middae leer speel. Soms as ek vasgehaak het, moes oom Christo Wiese maar oor whatsapp help.

Met die uittrede van oom Christo, het Daantjie my gevra of ek dalk die posisie wil inneem van trekklavierspeler vir die orkes nie. Daantjie Kotze het my tot dusver nog elke keer die geleentheid gegee om my passie vir my instrument uit te leef.

Wat dit alles so lekker en spesiaal maak is om my passie vir boeremusiek uit te leef is om dit met my ma te deel....

 

Groete
Janus

Full Name: 
Heystek, Janus
Birth Date: 
1996-09-12

Content type

Artists