Budke, Mathildé Cornelia Maria (Cissie)

Birth Date:
1912-06-27
Decease Date:
1975-10-20

Mathildé Cornelia Maria Budke is op 27 Junie 1912, in Pretoria gebore. Cissie, soos sy algemeen bekend was, is later met William Schreiner (Willie) Cooper getroud. Willie se moeder was 'n niggie van die beroemde Olive Schreiner. Willie is op 28 Januarie 1897, in Pretoria gebore en het ons ongelukkig op 20 Oktober 1975, reeds ontval.

Hierdie begaafde egpaar het vir ons 'n skatkis vol pragtige liedjies nagelaat. Langer as drie dekades het hulle liedjies en komposisies die Afrikaanse musiekwêreld totaal oorheers. Hulle het self ook plate gemaak onder die naam van die Soetspelers.

Baie van hulle komposisies het immergroen gebly, soos die bekende Jy is my liefling, Die Donkie, In die Drakensberge en talle ander. Vir my persoonlik is Jy is my lieflinghulle grootste treffer. Dawid de Lange, Jurie Ferreira en selfs Jim Reeves het dit baie gesing en dit op plaat laat opneem. Ek het aan Cissie gevra watter hulle gewildste liedjie was en haar antwoord was: "As Die Donkie en Jy is my liefling moes resies jaag, dan glo ek vas dat Die Donkie, so steeks as wat hy is, voor Jy is my liefling by die wenpaal sou aankom! Hy bly 'n wonderlike ding! ! ! "

Sy vertel verder: "Willie het 'n mondfluitjie gespeel en baie van ons liedjies is daarop gebore!" Willie was hoofsaaklik die skrywer van die liedjies, in Afrikaans sowel as Engels. Cissie het die klavier bespeel en het jare lank sang studeer. Sy is weer aan die woord:
"Ons hele lewe (haar en Willie s'n) was een groot hoogtepunt. Ons was van die eerste Afrikaanse liedjieskrywers en sangers en ons het soveel lof en liefde van die hele Suid-Afrika ontvang dat dit ons hele lewe baie opwindend gemaak het! Ek onthou met trots 'n besondere aand toe ek voor 'n volgepakte gehoor in die stadsaal van Pretoria opgetree het. Daar was nie eens staanplek beskikbaar nie! Toe ek klaar gesing het, het die wonderlike gehoor my lank staande toegejuig. Daar was baie hoogtepunte in my lewe, maar ek sal daardie aand in Pretoria seker nooit vergeet nie!"

Sy en Willie, die baie bekende Wolfswinkels van Pretoria, Joe Frates, Eben du Plessis en nog ander was lede van die Soetspelers. Hier volg 'n lys van hierdie gewilde egpaar se komposisies soos by SAMRO aangeteken:

Aantjie, my liewe Aantjie
Die Apie sit en droom
Babetjie
Blouberge
Bobbejane
Boere Braaivleisaand
Boerefees
Boerewals
Bou van 'n nasie
Bruilof
By die Voortrekker Monument
Daar dans 'n meisie
Dag in die dorp
Danie Louw
Dans Kêrels, dans
Die Diereparty
Do You Know
Boemtick
Die Donkie
Drie uur draai
Drie vryers
Droomland
Ekskuus (ook genoem "Daar dans 'n meisie")
Hannetjie verjaar
Hou jou Meisie
Huistoe in die trein
In die Drakensberge (ook genoem "Blouberge")
Kersfees
lnami Gea Gei
Jonkmans Gebrek
Jy is my liefling
Kêrels Kêrels stadig draai
Keurspel
Koaliesie
Konsertina Bo
Krismis
Langs die strand
Leentjie
Lord Haw Haw
Los my Bokkie
Ma kom kyk vir Lena
Maanlig op die strand
Meisie van my drome
Moederhuisie
My Annatjie
My hartjie my liefie
My ou Perdewaentjie
My veldblom
Mynerslied
Namie ge a gei
Nat en Sap
Nuwejaar
Om die Braaivleisvure
Ons dans so lekker
Ons Land
Ons Springbokke
Oom Bart
Oom Boggem
Oom Bossie van die Bosveld
Oom Kool
Oorlogsdae
Op 'n Boerebruilof
Opsitaand
Pale toe
Petronella
Die Piekniekaand is hier
Rooi span osse
Sannie is nie daar
Sarie settees
Skeeloog Annie
So Wonderlik
Sononder op die plaas
Sy's 'n mooi nooi
Tant Koba se Bobbejaan
Trekkerslied
Trippel, trippel, perd
Troudag
Sonop
Springboklied
Die Suid-Afrikaanse Polisie
Die tweede hoenderkraai
Verjaarsdag wals
Verlore Liefling
Voortrekker Dans
Vryperd
Wapad
You are my love
Bruilof

Hierdie beroemde Afrikaanse egpaar se bydrae tot ons boeremusiek was groot dat 'n mens waarlik nie woorde het om hulle te bedank nie. Wat egter soos 'n paal bo water staan, is die feit dat ware Afrikaners hulle seker nie gou sal vergeet nie.

Cissie is deur ons Klub vereer en het ook ere-lidmaatskap ontvang.