Bezuidenhout, Gerhardus Petrus (Gerrie)

Birth Date:
1924-12-19
Decease Date:
Gerrie is op 19 Desember 1924, in Alberton gebore. Hy het aan
die Rand grootgeword en hom later as 'n passer en draaier
bekwaam.
Van kleins af was hy lief vir musiek en het die kitaar maklik
baasgeraak. Hy het oom Faan Harris raakgeloop en hulle het groot
vriende geword. Gerrie het Oom Faan dikwels met die kitaar begelei.
Hy het 'n groot bewondering vir Faan en Silver de Lange gehad.
Gerrie het baie belanggestel in die konsertina en het nie lank
geneem voor hy hierdie moeilike instrument bemeester het nie. Min
het hy geweet dat hy nog een van die land se gewildste spelers sou
word! Van 1939 af het Oom Faan hom al toegelaat om op sy (Oom
Faan) se konsertina te speel. Beslis 'n voorreg wat min ander geniet
het! Gerrie was toe maar net vyftien jaar oud.
Gerrie was ook goed bevriend met die Boerenooi. Sy is natuurlik
Doreen van der Watt, die dogter van oom Alfie van der Watt.
Doreen en Oom Alfie was ook albei uithaler konsertinaspelers.
Doreen vertel dat haar vader op 'n dag 'n besondere groot
81-klawerkonsertina gekoop het. Dit was 'n unieke model, want daar
Gerrie Ben
konsertinas
lidenhout en sy
is nooit daarna weer 'n soortgelyke een gesien nie. Pierre Lombard
van 'n platemaatskappy het die konsertina te sien gekry en was so
beindruk daarmee dat hy aan Gerrie opdrag gegee het om 'n plaat
daarmee te maak. Hy het Gerrie net 'n week kans gegee om te oefen.
Gerrie moes die ongewone instrument van nuuts af leer speel want
die aksie daarvan was heeltemaal anders as die gewone Wheatstone
waaraan hy gewoond was. Hy was egter so vasberade dat hy homself
in die badkamer toegesluit het en binne 'n week het hy dit so goed
baasgeraak dat hy die plaat, Een-en-tagtig klawers, daarmee gemaak
het. Dit was 'n sukses en versamelaars wat hierdie plaat in hulle
besit het, kan hulleself baie gelukkig ag.
Gerrie en Pierre Lombard het goeie vriende geword en Gerrie
het later by hom in die ateljees gewerk waar hy baie spelers met
die kitaar begelei het wat plate daar kom maak het. Hy het ook onder
andere vir oom Willie Palm begelei toe hy sy laaste langspeelplaat,
Die Vier Hugenote Speel Weer, gemaak het.
Gerrie het heelwat langspeelplate gemaak en die volgende is van
sy bekendstes:
Boereland
Een-en-tagtig-klawers
Op die Trekpad
Uitspantyd
Outydse Boeredans
Aan die Brand
Oor die Drakensberge
Konsertina-skommel
Gerrie Bezuidenhout se vuurwarm
konsertina
Vastrap met Gerrie
Sommige van hierdie laaste langspeelplate is na sy dood saamgestel
uit nommers wat hy reeds vantevore op ander plate gehad
het. Dit is weer eens 'n bewys hoe gewild sy musiek was.
Wyle dr Hans la Grange het hom ook beskou as een van ons
land se gewildste konsertinaspelers. Voorwaar 'n kompliment
duisend!
Toe Gerrie die plaat Oor die Drakensberge gemaak het, het hy
die skuilnaam van Gerrie Lombard gebruik. Skrywer was ook nooit
van hierdie feit bewus nie. Op 'n dag het ek aan Pierre Lombard
gevra wie die Gerrie Lombard nou eintlik is, want hy het dan geen
ander plate gemaak nie en daar is nooit weer van die man in die
musiekwereld gehoor nie? Ou Pierre het lekker gelag en gese dat
hy en Gerrie besluit het om Gerrie se naam en Pierre se van vir
die besondere plaat te gebruik! So, Gerrie Lombard is maar eintlik
net ons eie OU Gerrie Bezuidenhout!
Gerrie het op tradisionele wyse gespeel en was meestal deur die
volgende musikante bygestaan:
Kitare : Abel Naude, Neels Stroh en Dries
Lombaard
Banjo : Louis Engelbrecht
Basviool : Bunny van den Berg en Ferdie
Bosman
Die volgende is van sy bekendste komposisies:
Die Vuurwarm vastrap Agteros vastrap
Op die Trekpad Tienker polka
Boggom in die mielieland Suikerbekkie
Boerenooi Gerrie se wals
Aan die brand Opsitkers
Hartbeeshuisie Uitspantyd
Gerrie was ook 'n baie kundige mens. Hy kon konsertinas herstel
en instem. Sommige van sy konsertinas het hy op 'n ander toonhoogte
ingestem en dit op sigself verg vernuf, kundigheid en sommer
baie geduld!
Hy is op betrekiike jeugdige ouderdom op 12 April 1967, oorlede.
Doreen het ons met inligting gehelp en Koos Bredenhann was
so gaaf om die foto's beskikbaar te stel. Hulle word hartlik bedank.