Opperman, Rudolf Daniel Jacob (Dolf}

Birth Date:
1926-10-01
Decease Date:
Dolf, soos hy bekend was, is op 1 Oktober 1926, in Benoni gebore.
Hy was musikaal en het veral met die konsertina uitgeblink. Die
volgende nommers het uit sy pen verskyn:
Loretta wals
Johanna wals
Dolph Se vastrap
Jeanette wals
Louise se wals
asook die nommer genoem Tossie
Ons is seker dat hy nog meer gekomponeer het, maar kon
ongelukkig nie die name van die ander nommers opspoor nie.
Dolf was baie bekend in Johannesburg en omgewing en het
dikwels by Little Falls, Belvedere en Muldersdrif opgetree. Een van
sy gereelde kitaarspelers was die bekende John George (Bles)
Lourens. Laasgenoemde en sy vroutjie Dawn, word weer eens
bedank vir die inligting wat hulle aan my verstrek het.
Dolf het heelwat langspeelplate gemaak en was 'n gesogte
musikant. Hy is egter op 'n betreklike jeugdige ouderdom in
Johannesburg oorlede op 10 Oktober 1975.
Dolf se seun, Baba, is ook 'n baie goeie konsertinaspeler en kan,
met die nodige toewyding, in 'n groot musikant ontwikkel.
Bles Lourens is vandag die trotse besitter van 'n konsertina wat
Dolf eiehandig gebou het. Hy het nog 'n ander konsertina wat hy
ook by Dolf gekoop het. Nodeloos om te se dat hy albei soos goud
oppas en bewaar.
Bles is op 24 Januarie 1935, in Johannesburg gebore en het
sommer van kleins af in musiek belanggestel. Hy het in 'n baie goeie
kitaarspeler ontwikkel en tree dikwels saam met boere-orkeste oor
die radio op. Deesdae word hy ook dikwels op televisie gesien. Hy
het ook al saam met die bekendste konsertinaspelers aan die Rand
en Pretoria opgetree en is baie gesog. Hy bespeel self ook die
konsertina en spog met een komposisie genaamd Bles se wals! Hou
so aan, OU maat, en wys die konsertinaspelers wat 'n kitaarman
kan doen!
Bles en Dawn is ook danig in hulle skik met hulle seun Johnny .
Hy is 'n kranige tromspeler wat ook al saam met baie hedendaagse
orkeste oor die radio en televisie opgetree het.