Fourie, Willem Jacobus (Willie)

Birth Date:
1929-05-14
Decease Date:
Willie is op 14 Mei 1929, te Molepolole in Botswana gebore. Van
kleins af was sy musiektalent opmerklik, want hy was skaars sewe
toe hy al kitaar saam met sy moeder en die traporrel gespeel het!
Hy het so goed gevorder dat hy ook later in sy roemryke musiekloopbaan
die volgende instrumente baasgeraak en bemeester het:
konsertina, basviool en -kitaar, banjo, ukulele en mondfluitjie.
Willie vertel dat sy neef Roelf Faurie (let daarop dat hulle vanne
nie eners gespel word nie), hom so 'n bietjie met die konsertina
touwys gemaak het. Willie was destyds nog 'n jong knaap, maar
het alreeds sy eie orkessie in Rustenburg se wereld gehad! Hy het
toe nog die banjo getokkel. Nadat hy die konsertina bemeester het,
was daar nie meer keer aan hom nie en sy sukses in die musiekwereld
kan as meteories bestempel word.
As jong man sluit hy by die Suid-Afrikaanse Polisie aan en word
na Johannesburg verplaas. In 1955 neem Eddie Fischer hom onder
sy vlerk en hulle speel by die gewilde Rosemarie Dansklub. Die
volgende jaar het hy saam met Arnout Malherbe begin speel en
daarna het hy saam met Ricardo Bornman, Jurie Ferreira, Flippie
van Vuuren, Pietman Potgieter en ander orkeste gespeel. Hy was
so gewild dat al die orkeste hom altyd graag by hulle wou he.
Willie is letterlik 'n groot man. Hy staan oor die twee meter in
sy sokkies en se altyd grappenderwys dat hy die grootste konsertinaspeler
is, maar voeg dan dadelik beskeie by dat hy darem nie
die beste is nie!
Skrywer het Willie in die vroee vyftigerjare in Johannesburg
raakgeloop. Willie was destyds aan die Blitspatrollie verbonde en
het soms in die vroee oggendure, as dit stil is, oor die polisieradio
vir die ander polisiemanne konsertina gespeel. Die offisiere was nie
hiermee beindruk nie en Willie moes maar die konsertina bere!
In 1981 het Willie se konsertina hom na die buiteland geneem!
Hy was saam met Piet van Heerden en sy orkes Europa toe waar
hulle opgetree het as musikante vir Suid-Afrika se Volkspele- en
-sanggroep. Hulle het die volgende lande besoek: Italie, Oostenryk,
Switserland, Duitsland, Holland en Belgie. Hulle het tot in Engeland
ook 'n draai gemaak!
Hy vertel dat hy in Wenen so 'n aangename ondervinding gehad - -
het. Hy en ander lede van die orkes moes by 'n privaathuis tuisgaan. '
Die huis-eienaar, 'n professor, het hom dadelik herken en gevra of
hy die konsertinaspeler van die groep was. Toe hy bevestigend
antwoord, s2 die professor dat hy hom laas in Pretoria by 'n
Boerefees in Silverton sien optree het! Willie was totaal uit die veld
geslaan en het later vasgestel dat hierdie professor vier jaar aan
Unisa verbonde was. Die konsertina het beslis 'n groot rol in Willie
se lewe gespeel: Duisende kilometer van sy land af, ver in die
vreemde, is hy onthou vir die vertolking van sy geliefde tradisionele
musiek! (Lourens Aucamp het ook hierdie toer meegemaak.)
Nog 'n groot verrassing het kort hierna gevolg. Willie het baie
etensuurkonserte op die kampus van Tukkies gehou. Hy het
natuurlik net boeremusiek gespeel en in 1982, toe die vyftigjarige
bestaan van Afrikaans op die kampus herdenk is, is 'n erepenning
aan hom toegeken deur die rektor, professor D.M. Joubert. Dit was
'n groot geleentheid, nie net vir Willie nie, maar ook vir boeremusiek
in die algemeen! Ons moet dit maar ruiterlik erken dat boeremusiek
so 'n paar jaar gelede aan die taan was. So 'n prestasie van 'n
eksponent daarvan het net goeie gevolge. Ons dank aan jou, Willie,
en nogmaals geluk!
In 1983 het Willie weer presteer! In Dijon, Frankryk, by 'n
wynfees, is daar ook 'n kompetisie gehou vir volkspele en -danse
en -sang. Daar was twee en veertig deelnemers uit ses en dertig
verskillende lande. Willie was tussen die Suid-Afrikaners met sy
konsertina en het met die tweede prys huis toe gekom!
Dit is nog nie die einde van OU Lang Willie se prestasies nie! Hy
het vyf jaar saam met Piet van Heerden in die radioprogram "Bog
met Bloumaandag" opgetree. Op 'n geleentheid het hy selfs klassieke
musiek, Paderewski se minuet in G, op die konsertina gespeel!
Hy het ook in die rolprent "Waar was die dae" wat in Pelgrimsrus
verfilm is, as solokonsertinaspeler opgetree.
Dis voorwaar 'n belewenis om tussen Willie se koerantknipsels,
Willie Fourie en Manie foto's en ander aandenkings, in verband met boeremusiek, deur te
Bodenstein blaai. 'n Mens kan sommer 'n hele boek oor hom alleen skryf!
Willie het Hendrik Susan, Willie Palm en baie ander OU
musikante geken en hy en Manie Bodenstein is goeie vriende.
Willie se gehoor vir musiek en vir die verskillende toonaarde
daarvan, is perfek. Op 'n keer het hy 'n fluitjie van my konsertina
in 'n japtrap ingestem met net 'n stukkie skuurpapier tot sy
beskikking! Hy het die tongetjie van die fluitjie op die regte plek
met die skuurpapier bygekom en dit was gou-gou honderd persent
op die regte toonhoogte ingestem!
Hy weet nie dat ek die volgende storie ken nie, maar ek wil dit
graag vertel! Hy, Kobie Pienaar en Kosie Landman speel een aand
op 'n dans. Na afloop van die dans, nooi Kosie hulle om koffie
by hom te kom drink. Op pad soontoe vertel Kosie dat sy klavier
nie meer so mooi ingestem is nie. Willie het dadelik aangebied om
dit vir hom te stem. By Kosie se woonstel begin hy dadelik met
sy werk, maar al gereedskap wat hy het, is 'n draadtang! Hierdie
stuk gereedskap was natuurlik nie geskik vir die delikate stemmery
nie, en sy eerlike bedoelings loop op 'n mislukking uit! Na sy poging
was die klavier eers vals! Kosie was g10 nie juis baie beindruk met
Willie se oorywerigheid so vroeg in die more nie! Hulle het darem
nie kwaaivriende geword nie!
Arnout Malherbe het op 'n stadium sy eie vliegtuig gehad en as
die orkes na ver plekke moes gaan vir optredes, dan het hulle
daarheen gevlieg. Soms was Arnout maar 'n bietjie stout, maar hulle
het darem altyd veilig by hulle bestemming aangekom. Willie se
Arnout was lief om manewales met die vliegtuig uit te haal en dat
hulle soms snaakse draaie en esse in die lug gemaak het!
By die Mambaklub in Marico in die Bosveld het Willie baie in
sy jong dae gespeel. Daar was net gewone tradisionele boeremusiek
gespeel en die partytjies het sommer regdeur tot sonop aangehou.
Hy vertel dat dit lekker dae was, maar dat hulle moes lig loop
vir die mampoer wat destyds so volop was. Die OU boere wou net
skink, maar gelukkig het die orkeslede geweet dat die voggies bra
sterk is en dat 'n man mooi in sy spore moes trap om nie deur hulle
goedhartigheid gevang te word nie!
Willie is lief om die OU vergete nommers te speel soos Die Rooi
koei se baas, Dik vingers en Ottoshoop se Nooiens. Laasgenoemde
begin so:
Ottoshoop se nooiens
Julle liewe lekker goed
As die perde nie meer kan nie
Dan loop ons met die voet.
Willie het saam met Arnout Malherbe twee 78-spoedplate gemaak
met die volgende nommers op:
Resiesbaan settees Afrikaners is plesierig
Rita van oom Faan gaan trou Braaivleisaand
Hy het ook die volgende langspeelplate gemaak:
Op reis deur die platteland (Arnout Malherbe)
'n Reis deur Kaapland (Grobler Broers)
Stop, luister na Willie Fourie
Willie wikkel weer
Willie Fourie speel Oukraalliedjies
Uit die Oue tyd met Willie Fourie
Lettie se wals en andere
Paul Ferns speel outydse boeremusiek met Willie
Fourie en sy konsertina
Willie se Bokjol
Konsertinameesters (Hier het hy saam met vyf ander
van ons beste konsertinaspelers opgetree, naamlik:
Dirkie Smit, Corrie Nortje, Nico van Rensburg, Niek
Potgieter en Manie Bodenstein.)
Willie het jare gelede sy eie besigheid begin en is vandag die
besturende direkteur daarvan.
Hy kan steeds byna daagliks oor die radio gehoor word en het
ook dikwels op televisie verskyn. Voorspoed word hom toegewens,
Wilzie Fourie en sy orkes. Vlnr: want hy is waarlik 'n waardige eksponent van ons geliefde tradi-
Norman Cussons, Leon Marais, sionele boeremusiek.
Naas Saayman, Willie Fourie, Hier volg 'n lys van sy komposisies:
Billy van Wyk, Flippie van
Pannekoek wals
Stampe en Stote
Net vir Lenie
Rooikoei Se Baas
Kom ons maak
Ek en die Ouvrou
Herinneringe
Sambrele in die reen
Aandskemering
Akeboem
Oom Lofman Se dinge
Steve Se mazurka
Meriti Rivier
Vir sommige van hierdie nommertjies het hy ook woorde geskryf.