Bodenstein, Hermanus Pieter (Manie)

Birth Date:
1928-07-15
Decease Date:
Manie is op 15 Julie 1928, in Johannesburg gebore. Die grootste
gedeelte van sy kinderjare het hy in Benoni deurgebring. Sy ouers
het destyds daar gewoon en gewerk.
Manie speel sy Italiaanse
konsertina
Op 14-jarige leeftyd het hy a1 baie goed kitaar gespeel en dan ook
saarn met Gawie Fletcher in sy boere-orkes begin speel. Laasgenoemde
was die konsertinaspeler en Manie se groot held. Konsertinamusiek
het hom toe a1 bekoor.
Manie kom uit 'n musikale familie. Sy vader kon verskeie
instrumente baie goed bespeel, maar is baie gekortwiek deur die
verlies van sy een hand in 'n mynongeluk. Hy het egter die terugslag
te bowe gekom deur 'n toestelletjie aan sy kunshand aan te bring
wat hom in staat gestel het om die banjo en Hawaii'ese kitaar te
bespeel! Voorwaar mannemoed!
Die beroemde J.P. (Hans) Bodenstein was natuurlik Manie se
pa se broer. Manie het hom baie hoor speel en s@ dat hy altyd
roerloos en aandagtig gesit en luister het as die oubaas die konsertina
so laat gesels het. Toe Oom Hans hoor dat Manie ook begin
speel, het hy hom baie aangemoedig, maar wou hom nooit leer nie,
want hy het volgehou dat hy (Manie) sy eie sty1 moes ontwikkel.
Dit was wyse raad, want Manie het beslis sy eie, unieke style
ontwikkel en kan dankbaar wees vir sy oom se goeie raad.
Manie het een aand saam met Gawie Fletcher en sy orkes op 'n
bruilof in Benoni se distrik gaan speel. Hy was toe nog een van
die kitaarspelers en het absoluut niks van 'n konsertina geweet nie.
Die orkeslede het die besondere aand die trein verpas en kon nie
teruggaan huis toe nie. Hulle moes noodgedwonge in die huis slaap
waar die bruilof gehou is. Die ander lede van die orkes het hulle
met ander dinge besig gehou en Manie het die konsertina van Gawie
onder hande geneem. Hy het gou-gou besef dat hy hierdie instrument
kan en sa1 bemeester! Die konsertinagogga het hom daardie
aand behoorlik gebyt en hy het begin planne maak om self een te
koop. Die geldjies was maar skaars in daardie dae!
'n Rukkie later het hy en sy een broer en twee ander vriende
besluit om 'n konsertina saam te koop. Daar was 'n pragtige driery
in die musiekwinkel wat maar destyds net £21 gekos het! Hulle wou
dii konsertina graag koop, maar het nie eens die deposito gehad
nie. Hulle deponeer toe maar eers £2 en betaal toe later, nadat hulle
dit bymekaargemaak het, die volle deposito. Manie si? dit was vir
hom die mooiste konsertina wat hy ooit in sy lewe gesien het omdat
hy geweet het 'n deel daarvan was syne! Hy was toe omtrent
sewentien jaar oud en het dadelik begin speel. Hy het nooit enige
lesse gehad nie, en vertel met smaak die volgende staaltjie: Hy het
gehoor van 'n sekere At Dercksen wat so goed kon speel en wat
lesse vir voornemende konsertinaspelers aangebied het. Hy is
dadelik daarheen en toe At aan hom vra of hy die verskillende
sleutels wou leer, antwoord Manie dat hy dit reeds ken. Toe laat
hy Manie speel. Sy reaksie was dat Manie goed speel, maar dat
sy aksie nie heeltemaal reg is nie, waarop hy hom gewys het hoe
om die blaasbalk te gebruik. Toe s@ At aan Manie dat hy (Manie)
nie die volgende nommer wat hy gaan speel, sou kon naspeel nie
omdat dit een van sy nuutste komposisies is. Hy begin speel, en
dadelik besef Manie dat dit een van sy Oom Hans se nommers is!
Hy si? toe aan At dat hy dit we1 kan speel en bewys sy aanspraak
net daar! Hierop was At se antwoord dat hy hom niks meer kon
leer nie, en hy hou sy hand uit vir sy vergoeding vir die les wat Manie
mooi netjies drie sjielings (30c) gekos het! Dit was dan ook a1 "les"
wat hy ooit gehad het.
Kort hierna het hy sy eerste drie-en-'n-driekwartry konsertina bekom.
Gawie Fletcher kom op 'n dag by hom aan met 'n konsertina in twee
stukke! Hy vertel aan Manie dat hy op 'n dans deur iemand met 'n
stoel bygedam is en dat hy noodgedwonge met die konsertina die hou
moes afweer. Hy het die hou ontduik, maar sy aanvaller het die
konsertina middeldeur geslaan! Op die plek koop Manie die konsertina
en maak dit reg, waarna sy spel met rasse skrede verbeter het.
Manie was destyds 'n jong leerlingwerker op die myn en het met
al sy spaargeldjies plate gekoop. Hy het veral belanggestel in die musiek
van J.P. Bodenstein, Faan Harris, Silver de Lange, Sampie Viljoen
en daardie snare. Hy het hard geoefen en kon later hierdie manne se
musiek perfek naspeel. Sy buitengewone groot liefde vir die egte,
tradisionele boeremusiek het dus a1 jare gelede ontstaan. Dis ook geen
wonder nie dat hy vandag nog een van ons grootste en beste eksponente
daarvan is.
In 1947 het Sam Petzer hom genader en gevra om by sy orkes aan
te sluit. Manie was verheug en na twee optredes saam met hierdie orkes,
het Sam hom gevra om plate te maak.
Die eerste twee plate wat hulle gemaak het, was:
Hoe later hoe kwater en Lentebloeisels en
Die Karringmelk wals Kliprivier polka
Noemenswaardig is die feit dat op die etiket van Lentebloeisels gese
word dat dit 'n tradisionele nomrner is. Manie het onmiddellik beswaar
gemaak en die saak is reggestel. Hy kon toe vir hierdie trefffer van
hom tantitme ontvang! Manie vertel dat hy baie in sy skik was met
hierdie eerste twee plate van hom, want sy naam het as konsertinaspeler
op die etiket verskyn. Hy het dit trots aan sy familielede en kennisse
gewys. Daardie jare was die bekende blerkaste (juke-boxes) nog baie
gewild en byna a1 die kafees en restaurante het een gehad. Selfs in
die fietswinkels - wat destyds ook plate verkoop het - was hierdie
musiek byna van die mare tot die aand gehoor. Manie vertel dat dit
'n onbeskryflike gevoel was om sy musiek so baie in die openbaar te
hoor! Skrywer - wat in daardie jare 'n jong polisieman in Braamfontein
was - het dikwels die pragtige Lentebloeisels in kafees gehoor! Hierdie
nornrnertjie is werklik 'n "bloeisel" in ons boeremusiekwereld en bly
terselfdertyd irnmergroen! Dit was een van Manie se eerste komposisies
en ek is van mening dat hy - nadat die plaat verskyn het - onmiddellik
in die kollig van die boeremusiekw$reld was. Dit het 'n mooi tema
met pragtige variasies wat by almal byval vind. Dit is 'n voldonge feit
dat dit 'n groot opskudding onder die boeremusiekliefhebbers
veroorsaak het! Manie se musiek was in s6 'n aanvraag dat hy binne
die bestek van twee jaar een en twintig plate gemaak het.
Hy was maar 'n paar dae saam met Sam Petzer toe hy in lewendige
uitsendings oor die radio moes optree!
Manie is egter na Bloemfontein waar hy genader is om by
Hendrik Susan se orkes aan te sluit. Hieroor was hy baie in sy
noppies en vertel dat hy toe saam met baie goeie musikante kon
optree en dat hy baie geleer het en sy spel kon verbeter. Die volgende
spelers het destyds saam met Hendrik gespeel:
Boetie du Plessis : trekklavier
Sergio de Mattia : viool
Tienie Coetzer : kitaar en banjo
Taffy Kikillus : klavier en trekklavier
Eddie Wyngaardt : bas en saag
Chris du Toit : kitaar
Piet Meyers : tromme
Manie vertel dat die Chief, soos Hendrik deur die spelers genoem
is, nooit aan hom ges2 het dat hy goed speel nie. Hy het net altyd
opgemerk dat Manie se konsertina mooi geklink het. Dit was seker
maar sy manier om te s2 dat hierdie man se spel uitstekend is.
Die eerste nommer wat Manie saam met Hendrik en sy orkes
gespeel het, was die uiters moeilike nommer, wat vandag weer deur
Manie oor TV bekendgemaak is, naamlik Die Fynloop setees. Hy
se dat hy dit baie goed kan onthou omdat dit 'n dag na sy
verjaarsdag op Maandag die 16e Julie 1951, was. Hulle het 'n lewendige
uitsending oor die radio gehad en Manie het met hierdie
moeilike nommer begin! Voorwaar 'n man met baie selfvertroue.
Na 'n aantal jare het Manie gaan werk. Hy se dat a1 die
kunstenaars in die vermaakliksheidsw2reld maar swaar gekry het
omdat die bedryf nie lonend was nie.
Manie praat net met lof oor Hendrik Susan. Hy se dat Hendrik
'n baie sterk persoonlikheid gehad het en net geweet het hoe om
die beste uit sy manne te haal. Hy het nooit van enige skinderstories
gehou nie en wanneer hy aan sy manne gese het dat hulle 'n
vergadering na afloop van 'n konsert of 'n dans gaan hou, was almal
baie bang. Hendrik het dan op die vergadering ges2 wie die stories
versprei het en die skuldige voor almal uitgetrap. Hy was nie 'n
man wat doekies omgedraai het nie en sy manne was gou bekend
met sy lewensuitkyk en het gesorg dat hulle in hul spore trap! Van
kwaatpratery het hy niks gehou nie.
Manie s2 dat hy 'n besondere musiekfees wat in Johannesburg
se stadsteater in 1963 gehou is, nooit in sy lewe sal vergeet nie.
Hendrik het toe nie meer gespeel nie en het a1 uit die kollig verdwyn.
Die betrokke aand het verskeie orkeste aan die fees deelgeneem.
Nico Carstens, Duffie Ravenscroft, Taffy Kikillus en andere was
daar en ook sangers soos Gert Potgieter en Peter Lotis. Elke
afsonderlike orkes is op 'n trollie wat op spore oor die verhoog
geskuif het, ingebring en is weer op dieselfde manier, wanneer hulle
klaar gespeel het, af. Niemand het geweet dat Hendrik ook daar
was nie. Manie het saam met Taffy opgetree. Terwyl hulle besig was
om Die Swaeltjie te speel het Hendrik skielik uit 'n hoek van die
verhoog verskyn met sy viool in sy hand en dadelik saam met die
orkes begin speel! Die ovasie wat hy nB die speel van die nommer
gekry het, was onbeskryflik en die gehoor het vir etlike minute lank
geapploudiseer. Manie s8 dat hy nog nooit weer so iets beleef het nie!
Manie vertel nog 'n paar staaltjies. Een aand moes die orkes van
Hendrik op Excelsior in die Vrystaat gaan speel. Hendrik was nie
beskikbaar nie en Taffy moet lei. Alles verloop goed totdat hy en
Taffy later die aand toilet toe moet gaan. Op pad daarheen keer
drie dronkies hulle voor en eis dat hulle meer konsertinamusiek
wil hoor. Taffy verduidelik dat hulle we1 konsertinamusiek speel,
maar ook ander musiek omdat ons almal tevrede moet stel. Maar
die drie wil nie na rede luister nie en begin Taffy aanrand. Van die
ander spelers kom sit hand by en gou is daar 'n aardige relletjie!
Die dansery is summier stopgesit en die orkeslede hotel toe. 'n
Rukkie later daag die drie rusiemakers weer daar ook op om te
kom vrede maak. By die hotel was ook 'n klompie bewonderaars
saam met die orkeslede. Jurie Ferreira het almal toe met sang
vermaak en die bekende Danny Boy het hulle later in 'n goeie bui
uitmekaar laat gaan.
Een aand moes hulle in Bethlehem in die Vrystaat optree. Hulle
het met twee motors vanaf Johannesburg gereis. Reen het reeds 'n
paar dae lank a1 uitgesak en die grondpaaie was bykans onbegaanbaar.
Hulle het baie gesukkel met veral oom Hendrik se Buick wat
maklik in die modder vasgesit het. Kort-kort moes hulle skoene
uittrek en broeke oprol om die motor uit die modder te stoot. Dit
het so erg gegaan dat die Chief later 'n paar van die orkeslede
vooruit gestuur het, want dit was a1 amper tyd dat die dans moes
begin. Vuil en vol modder daag Manie en 'n paar lede by die
dansplek op (dis die bekende skip op die rivier in die dorp). Haastig
maak hulle gereed om te speel, maar die seremoniemeester is nie
baie in sy skik met hulle nie: "Vriende, julle het almal a1 van die
beroemde orkes van Hendrik Susan gehoor. Hier is nou 'n deel van
hulle. Kyk asseblief na hulle. Hulle lyk nes varke! Sies!" Manie sE
Manie en 'n paar van sy
toe hy die Neels Steyntro
gewen het. Vlnr: Piet val
John Lourens, Manie en
Lourens
spelers
fee ' W~kJ
Bles
dat hy na geen verskonings wou luister nie. Hendrik het later
opgedaag en aangebied om langer te speel omdat hulle laat gekom
het as gevolg van die nat paaie, maar die man wou dit ook nie toelaat
nie. Hulle is tot vandag toe nog nie vir hierdie optrede betaal nie!
Manie s2 dat hulle nooit weer op daardie plek gaan speel het nie!
Manie het in heelwat rolprente opgetree en dikwels agtergrondmusiek
verskaf vir TV-programme. Dit is feitlik onmoontlik om
a1 sy plate te noem, maar ek het dit tog goedgedink om a1 sy
komposies te vermeld. Dit word aan die einde van hierdie hoofstuk
gedoen.
Manie het in 1984 aan die boeremusiekkompetisie wat deur SATV
aangebied is, deelgeneem. Aanvanklik wou hy nie deelneem nie toe
si2 sekere mense dat hy bang is hy sou verloor en daarom wil hy
nie deelneem nie. Hy skryf toe maar in en stap met die louere
anderkant uit! Hy is bekroon met die "Neels Steynwisseltrofee vir
konsertinaspel van uitsonderlike gehalte". Almal wat die kompetisie
oor die TV gesien het, is dit eens dat hy hierdie toekenning werklik
verdien het.
Almal wat Manie ken, raak liries oor die outentieke manier
waarop hy die konsertina bespeel en vir die gevoel waarmee hy die
byna vergete wysies vertolk.
Hy voel baie sterk oor boeremusiek en is van mening dat die
SAUK meer kan doen om dit te bevorder en om jongmense aan
te spoor om hierdie musiek te speel en verder uit te bou.
Hy moedig ook gedurig jongmense aan om hierdie afdeling van
ons kultuur te bevorder. Hy beskou die jong Stephaan van Zyl as
ons beste boerekonsertinaspeler in die land. Hy raak liries oor sy
spel.
Hy huldig ook besliste menings oor boeremusiek. So glo hy dat
dit nie moet stagneer nie en dat daarop verbeter en uitgebrei moet
word. Hy si2 egter dadelik dat ons tradisionele boeremusiek van die
dekade 1925 en 1936 net so gespeel moet word sonder bykomende
akkoorde en allerhande fieterjasies. Dit is deel van ons erfenis wat
ongeskonde bewaar en behoue moet bly.
Manie was ook een van die stigterslede van Konsertinaklub en was
die eerste voorsitter. Hy is vandag verbonde aan die Suid-Afrikaanse
Polisie se Dansorkes en geniet elke oomblik van sy werk. Hy sC
niemand word ooit te oud om te leer nie en hy kan nou sy onverdeelde
aandag aan sy geliefde musiek gee.
Manie, ons Klub en a1 die boeremusiekliefhebbers is trots op jou.
Maak asseblief nog 'n paar mooi nommertjies vir ons!
Hier volg 'n lys van sy bekendste komposisies:
Lentebloeisels
Manie se vastrap
Vaaljapie
Die Nuwe Hoed
Piekfyn
Liedjie vir Monica
Uit die Outyd
Waenhuis Mazurka