Fourie, Hugo Anton

Birth Date:
1915-08-12
Decease Date:

Hugo is op 12 Augustus 1915, op Bronkhorstpruit gebore en het later die graad BSc (Meganies) aan die Universitieit van die Witwatersrand behaal. Hy was aan die S.A. Vervoerdienste verbonde en het diens verrig by die Padmotor-diensafdeling. Hy het in Johannesburg gewerk en gewoon en het later na Florida verhuis. Hy was met Helen Gouws van Port Elizabeth getroud en een dogter en twee seuns is uit die huwelik gebore. Hy is in Julie 1966 oorlede.