Claassen, Gert Johannes Daniël (Oom Gertjie)

Birth Date:
1890-10-30
Decease Date:
1960-10-25

Oom Gertjie is op 30 Oktober 1890, in die Kaapprovinsie gebore. Hy het daar in Oudsthoorn se wêreld grootgeword en het sommer van kleins af met die boerekonsertina deurmekaar geraak. Hy het lank daar geboer en is later na Bethlehem in die OVS.

Vandaar is hy na Reitz waar hy ook geboer het. Hy het later selfs 'n draai in Suidwes gemaak en het uiteindelik op 'n klein plasie naby Johannesburg gaan aftree.

Oom Gertjie was al redelik oud toe 'n platemaatskappy hom omgepraat het om plate te maak. Hy het die volgende 78-spoedplate gemaak:

My Golfies polka
Die Deurstoot settees
JV 118
Eenskaarploeg settees
Rekbek wals
JV 136
Wegloper vastrap
Afsê wals
JV 146

 

Hy het ook die volgende langspeelplate gemaak:

1 . Oom Gertjie speel. Die nommers hierop is die volgende:

Kant 1
Kant 2
Eenskaarploeg settees 
Oom Gertjie se mazurka 
Willie Bovlei 
Rekbek wals
Melktert
Wapad wals
Transport settees
Touleier wals

Op hierdie plaat is hy begelei deur die bekende Chris du Toit.

2. Die volgende langspeelplaat waarin hy opgetree het se titel is Die Twee Ooms. Hier het hy en oom Hendrik Lotter om die beurt konsertina gespeel.

Kant 1
Cradock settees
Wegloper vastrap
Paul se settees
Afsê wals
Pearston wals
Bontmerrie settees
: Oom Hendrik
: Oom Gertjie
: Oom Hendrik
: Oom Gertjie
: Oom Hendrik
: Oom Gertjie

Kant 2
Lekker settees
Galope
Dagbreek
Vanmelewe se mazurka
Jack Smit se polka
Henningshoek settees
: Oom Gertjie
: Oom Hendrik
: Oom Gertjie
: Oom Hendrik
: Oom Gertjie
: Oom Hendrik

 


3. Die laaste langspeelplaat van oom Gertjie se naam is Die dans saam met oom Gertjie Claassen:

Kant 1
Kant 2
Annie se wals 
Kierie oor die kop 
Die bron wals 
Ek dans met my eie goed 
Piet slag die kat 
Boegoeberg se dam 
Ou Kalkoen
My eie polka
Sakkie, Sakkie
Brom settees 
Dis lekker om 'n jongman te bly 
Die Brommer settees 
Ouma se polka 
Louis se settees

Tydens die opname van hierdie plaat het Niek Potgieter die kitaar en Les Kelly die bas gespeel. Die meeste van hierdie nommers is Oom Gertjie se eie komposisies en die ander is tradisioneel.

Oom Gertjie kon die boere- en Engelsekonsertina bespeel asook klavier en mondfluitjie. Hy het op eg-tradisionele wyse gespeel en die name van sy stukke weerspieël beslis die era en milieu waarin hy grootgeword en geleef het.

Ons innige dank aan mevrou E Claassen die weduwee van Oom Gertjie, wat op 25 Oktober 1960, oorlede is, vir al die inligting en die foto wat sy aan ons verskaf het.