Dirk Cornelis Laas

Dirk is op 19 Oktober 1923, gebore. Hy het van jongs af in musiek
belanggestel en later ontwikkel in een van die beste konsertinaspelers
wat die land nog opgelewer het. Ek het aan hom gevra wat hy van
boeremusiek dink en hoe hy die toekoms daarvan sien. Sy antwoord
was: "Lank lewe konsertinamusiek - tot aan die einde van die aarde
of andersins tot aan die einde van die Afrikanernasie!" Op sy beurt
wou hy van my weet: "Watter ander vorm van musiek of ander
kulturele aktiwiteite kan ooit hierdie kosbare erfenis van ons
vervang?"
Dirk het werklik 'n groot bydrae tot ons boeremusiek gelewer
en ons lig die hoede hoog vir hom.
Hier volg 'n lys van sy bekendste komposisies:
Aandblom wals Klopjag kwela
Alberante vastrap Kraal muur vast rap
Altona vastrap Kristalwaters Piet Bester en Dirk Laas
Amanzimtoti vastrap Lekkerkry settees
Bananablaar Lenteweer
Bergstroompie Mimosa vastrap
Billy en Deon vastrap Mosterdsaad vastrap
Bloukrans wals Oom Jurg Se wals
Casper se vastrap Ou Wessie se vastrap
Ceylon settees Pongola settees
Dirk se settees Roosknoppie settees
Donkiekar settees Sardientjie vastrap
Doudruppeltjies Skilpad aanstap
Drakensberg vastrap Smeelsie se wals
Ei keboom vastrap Strandstoeltjies
Fanus se skoffel Toetels wals
Flamingo pan vastrap Uitkap vastrap
Herfsaand wals Vasvat Suidwes
Jammer nou Vierdestraat settees
Johannie se skommel Vroutjie Se lot
Kaalvoet wikkel Weemoedig
Kakiebossies Weerklank in die berge
Kerslig settees Wintersonnetjie
Ki koejowortels Wyn berg vastrap
Full Name: 
Laas, Dirk Cornelis
Birth Date: 
1923-10-19

Content type

Artists