la Grange, Johannes Petrus (Hans)

Birth Date:
Decease Date:
Hierdie naam is sinoniem met ons tradisionele boeremusiek.
Volgens sy broer, Johannes, het hulle in 1958 in samewerking met
Bosman de Kock, Ollie Viljoen, Kerneels Breedt, Fanie Viljoen en
Johan van Tonder 'n orkes gevorm wat in die eerste radioprogram,
"So speel die Boere", opgetree het. Hulle het daarna dikwels op
danse, konserte en kultuuraande opgetree.
Pierre Lombard, lid van 'n bekende platemaatskappy, het vertel
dat hy Hans in 1960 ontmoet het terwyl hy besig was om opnames
van Gerrie Bezuidenhout se musiek te maak. Gerrie het toe aan
hom vertel dat Hans 'n baie goeie konsertinaspeler is en veral met
die duet-konsertina uitgeblink het. Pierre het Hans dadelik genader
om 'n plaat te maak, maar hy het summier geweier, want hy reken
dat hy nie goed genoeg speel nie. Pierre het egter met sy pogings
volgehou en Hans selfs later by sy huis gaan spreek en hom
uiteindelik oorreed om 'n plaat te maak.
Pierre vertel dat Hans hom goed voorberei het en selfs die
tydsduur van die twaalf nommers uitgewerk het. Hy en sy orkes
het so goed gespeel dat hulle die plaat binne drie ure kon opneem!
Ou musikante weet dat dit sommer 'n groot prestasie is. Dit is van
belang om te weet dat die eerste nommer wat hy opgeneem het die
Rustenburgvastrap was.
Pierre se dat Hans vanaf 1960 tot 1972 ongeveer sewentien
langspeelplate by sy maatskappy gemaak het. Hy het ook dikwels
ander spelers begelei met die kitaar of banjo. Dit is 'n bekende feit
dat hy verskeie instrumente goed kon bespeel, maar hy het veral
met die konsertina uitgeblink.
Hans het ook ongeveer twee jaar die radioprogram "Konsertinaklub"
aangebied. Hy het toe baie inligting oor die OU musikante
ingewin en kon sy pragtige plateversameling aanvul.
Hy was 'n mediese dokter wat op Vaalbank, Magaliesburg gewoon
en gewerk het. Hy was 'n versamelaar in murg en been. Hy het plate,
musiekinstrumente, vuurwapens, verteraanmotors en ander oudhede
versamel en vertroetel.
Sy dogter, Annatjie, 'n opgeleide apteker, is self 'n goeie musikant
en bespeel die klavier. Sy het haar vader dikwels begelei.Vroeg in November 1976, het Kosie Landman my geskakel en
die droewige tyding van Hans se dood aan my oorgedra. Kosie -
wat destyds aan die SAUK verbonde was - het my gevra om saam
met 'n paar ander kennisse van Hans, 'n huldeblyk oor hom in die
Johannesburg se ateljees saam te stel. Ek het dadelik ingewillig en
het daardie dag, die 4e November 1976, die voorreg gehad om
Jimmy Henning, Johannes la Grange en Pierre Lombard te
ontmoet.
Ek besit nog 'n afskrif van die huldeblyk van daardie besondere
dag waaruit ek 'n opsomming aanhaal:
"Ja, Kosie, terwyl ek vandag hier praat is daar deernis, hartseer
en heimwee in my gemoed. Hierdie man was 'n besondere mens.
Hy was 'n bedrywige geneesheer, maar het tog die tyd gevind om
'n grondige studie van boeremusiek te maak en vir ons 'n groot
en onskatbare bydrae te lewer.
"Hy het nie net boeremusiek bewaar en gered nie, maar het self
ook vir 'n pragtige bydrae gesorg deur sy talle komposisies in die
ware idioom van hierdie soort musiek.
"Sy interessante praatjies or boeremusiek het luisteraars weer
opnuut laat besef dat hierdie kultuurgoedere van ons mooi is en
dat dit nie verwaarloos mag en kan word nie. Hy was altyd
onderhoudend en het vertel van die verskillende instrumente, die
verskillende spelers en selfs die toonaard waarin die besondere stuk
gespeel word. Ek onthou nog dat hy die volgende tydens 'n uitsending
kwytgeraak het: 'Die mense wat dink dat boeremusiek 'n
gebrek aan tema en variasie het, moet weer ordentlik daarna gaan
luister en dan hulle gedagtegang herrangskik!' Hy het hier na
Hans se orkes, vlnr: Johannes
la Grange, Hans la Grange,
Annatjie la Grange, Attie
Ferreira (laasgenoemde is 'n
broer van die bekende Jurie
Ferreira)
lommers soos Die Hele Nag Deur, Ek het jou LieJ; Hoe blink is
{ie maan en ander immergroen nommers uit ons tradisionele
~usiekskatv erwys.
-"H ans het sy eie styl gehad en het vloeiend, lewendig, korrek en :t gevoel gespeel.
"Min mense weet dat hy 'n baie knap banjospeler was. Hy het
ee langspeelplate met hierdie instrument gemaak en dis regtig
'n genot om na sy vertolking van Die Transvaal wals, Die Sandveld
wals en ander nommers te luister. Hierdie twee plate van hom is
baie skaars en waardevol vir versamelaars.
"Ek het vir 'n tyd met Hans gekorrespondeer en sy briewe aan
my is van my waardevolste besittings.
"Ons het 'n groot man in die boeremusiekwereld verloor, maar
gelukkig het hy ons so gemotiveer dat ons sal voortbou op sy ideale
en drome en ons sal sorg dat boeremusiek nie gou uitsterf nie!"
Hier volg 'n lys van sy bekendste komposisies soos by SAMRO
aangete ken:
Aandster wals
Annatjie Se vastrap
Baberton wals
Bergstroom wals
Blaauwbank vastrap
Bloemfontein seties
Blouberg vastrap
Boekenhoutskloof seties
Boksburg seties
Boslander seties
Brentwoordpark wals
Buffelspoort seties
Bultfontein seties
Doringboomvastrap
Dorsland vastrap
Drakensberg vastrap
Gansberg wals
Groenfontein seties
Hansie Se vastrap
Herfsblare wals
Houtbos wals
Kameeldoring vastrap
Karroobossie vastrap
Koedoeskop vastrap
Korannaberg wals
Laat loop
Loeriesfontein seties
Loopspruit vastrap
Magaliesberge
Magaliesburg vastrap
Mambaklip mazurka
Mampoer polka
Middernag vastrap
Mieliepitte optel
Mooispruit wals
Olifantsrivier polka
00s Transvaal mazurka
Pretoria polka
Reen boog wals
Renosterhoek seties
Rietpoort vastrap
Rooiberg seties
Rustenburg vastrap
Sandbult wals
Sandpan vastrap
Sandsloot vastrap
Seekoeihoek wals
Skeerpoort wals
Skommel seties
Sneeu op die berge wals
Sonbesie polka
Springkaan seties
Steenbokpan vastrap
Stellenbosch vastrap
Stormsjaers vastrap
Suurbessie polka
Swart mamba
Swartland mazurka
Trippelaar seties
Turfbult vastrap
Vaal ban k polka
Vat hom vastrap
Ver in die Bosveld wals
Verneukpan vastrap
Vlinder polka
Voorslag vastrap
Vuurslaan vastrap
Waenhuis
Wegloop vastrap
WesTransvaal seties
Winterberg wals
Winternag seties
Witrivier seties
Witwatersrand vastrap
Wolweberg seties
Waterberg seties