Palm, Willie

Oom Willie Palm was die leier van hierdie groepie baanbrekers. Hy is in 1894 in Ficksburg gebore. Hy was nog maar 'n kind toe sy ouers na Boksburg verhuis het. Oom Willie het sy skoolloopbaan dan ook hier in die Transvaal begin en klaargemaak. Op 17-jarige leeftyd het hy met die musiekinstrumente begin en kort voor lank kon hy die konsertina, kitaar, huisorrel en basviool speel.

Op 22-jarige ouderdom is hy met Tant Lettie getroud. Sy was ook 'n uitstekende musikant en was veral vaardig met die kitaar en klavier. Sy kon ook 'n paar goeie stukkies op die konsertina speel! Hierdie twee het pragtig gekombineer en later is hulle bekende orkes, naamlik die Vier Hugenote, gestig.

Die Vier Hugenote het uit die volgende spelers bestaan:

Willie Palm (leier) : Konsertina
Lettie Palm : Klavier
Pietie Vermaak : Kitaar
Alec Vermaak : Kitaar
   


In die vroeë dertigerjare het die orkes hierdie klompie waardevolle plate gemaak:

Bruilof Settees
Dag en Nag wals

His Master's Voice GX 12
Op Laas polka
Lettie se wals
His Master's Voice GX 21
Jemkoek-polka
Piet se wals
His Master's Voice GX 26
Mampoer polka
Boere-wals
His Master's Voice GX 32
Willis - Mazurka
Kom ons dans - settees
His Master's Voice GX 39
Vergeet nie-wals
Annie ruik na gom - settees
His Master's Voice GX 46
Oom Koos se - mazurka His Master's Voice GX 51
Ou Tyd-settees
Bablas-polka
His Master's Voice GX 52
Tant Siena - settees
Lekker-polka
His Master's Voice GX 58

U sal merk dat op GX 51 net een van hierdie orkes se nommers opgeneem is, want op die keersy is Bobbejaan klim die Berg van die Ses Hartbrekers.

Die pragtige Lettie se wals het oom Willie ook na sy vrou vernoem. Hierdie wals word vandag nog dikwels deur ons hedendaagse musikante uitgevoer. 'n Ander bekende nommer van hom, Mampoer polka, is verwerk en word nou die Kliprivier polka genoem.

Die plaat GX 39 het nooit in Suid-Afrika op plaat verskyn nie. Ons versamelaars het al die His Master's Voice-plate se reeksnommers nagegaan en toe tot ons onsteltenis ontdek dat 'n paar van die reeksnommers in niemand se besit is nie! Ons het herwaarts en derwaarts gesoek, koppe bymekaargesit maar sonder enige sukses. Lourens Aucamp het weer eens tot ons redding gekom toe hy vasgestel het dat die oorspronklike opnames nog by His Master's Voice se kantore in Londen is! Dit is 'n wonderlike voorreg om na bykans 70 jaar hierdie "ou" nommers vir die eerste keer "splinternuut" te kon hoor. Daar is vasgestel dat daar nog twee opnames van Die Vier Springbokke en twee opnames van Die Vyf Dagbrekers ook is.

Gelukkig het oom Willie en tant Lettie in hulle goue herfsjare vir ons 'n pragtige langspeler, Die Vier Hugenote Speel Weer, nagelaat. Albei die Vermaaks was toe ongelukkig reeds dood maar die opname is nogtans baie goed.


Willie en Lettie Palm

Op hierdie plaat verskyn die volgende nommertjies:

Kant 1
Kant 2
Sampie se polka Gwen se polka
Hennie se settees Willie se wals
Oom Palm se wals Outydse-tweestap
Outydse Lanser Lettie se wals
Pietie se wals Baandans
Rooirokkie-vastrap Willie se mazurka
Boerewals Mampoer polka
 
Full Name: 
Palm, Willie

Content type

Artists