Goosen, Morné E

Morné het sy skoolloopbaan by Laerskool Leondale in Germiston begin en in 1993 by die Afrikaanse Hoërskool Germiston voltooi. Hy woon tans in Stellenbosch en het in 2007 die konsertina bemeester onder die bewame leiding van Fanie le Roux. Daarna het hy die viool aangepak en sy leermeester was Charles Mostert. Morné hou baie van die styl van Rassie Erasmus, Dirk Laas en Corrie Nortjé.

Morné het 'n orkes begin nl. Die Vier Stellenboyz. Die orkes lede is as volg:

Morné Goosen : Konsertina
André Labuschagne : Kitaar
Charles Mostert : Viool
Abraham van der Berg : Kontrabas

 


Die Vier Stellenboyz
vlnr: Abraham van der Berg, Charles Mosterd, Morné Goosen, André Labuschagne
[Foto kopiereg voorbehou]

Die orkes fokus op musiekkonstruksie en poog om moderne harmonië baie verder te neem deur weer akoestiese instrumente ordentlik te gebruik. Hulle het die rol van instrumente hersien en sodoende 'n nuwe klank en gevoel tot stand gebring wat weer aanvaarbaar is vir jong mense. Hulle is 'n ware boeremusiek kwartet!

Hierdie orkes het in verskeie landswye kompetisies deelgeneem en heelwat pryse gewen vir samepel. Morné het ook pryse gewen as beste konsertina speler asook beste instrumentalis met die viool. 
 


[foto: kopiereg voorbehou]

Die Vier Stellenboyz tydens die Kaapstad takkompetisie, 31 Mei 2008

 

 

 
     
     
 
Full Name: 
Goosen, Morné E
Birth Date: 
1975-12-15

Content type

Artists