Dorfling, Martin

Martin is op 29 April 1987 gebore in die Parklane Kliniek en hy woon sedertdien aan die ooste van Johannesburg . Hy matrikuleer in 2005 en behaal twee onderskeidings aan die Hoërskool Goudrif. Hy studeer tans (2008) aan die Universiteit van Johannesburg en is 'n derde jaar Ingenieur student.

Martin kom uit 'n musikale familie en hy het die titel van jongste ingeskrewe lid van dit TBK. Hy is die kleinseun van die bekende Jimmy Henning ('n stigterslid van die TBK) en sy ouma, mev. Louisa Henning (ook 'n erelid) het hom ingeskryf. Sy oupa Jimmy en sy oom, Dirkie Henning was saam met Fanie Viljoen die kitaar spelers vir oom Hannes Viljoen. Oom Dolf Britton, kitaar speler van die Vyf Takhare, is sy Oupa Grootjie. Die sanger, Charles Jacobie, is ook familie van oupa Jimmy.


Martin toe hy by die TBK as lid ingeskryf is. Hy sit langs sy
oupa se kitaar en 3 konsertinas.


Martin op sy ouma, mev. Louisa Henning se skoot tydens 'n TBK funksie

Martin is van jongs af lief vir boeremusiek en het vanaf 'n baie vroeë ouderdom op sy oupa se kitaar getokkel. Vandag is hy die trotse eienaar van al sy oupa se instrumente.


Martin met sy oupa se Epiphone ghitaar, waarmee opnames saam met Hannes Viljoen gemaak is.

Bo en behalwe sy musiek is hy ook 'n groot liefhebber van veteraan motors en is die trotse eienaar van 'n 1966 Anglia de Luxe.

Martin het die konsertina leer speel deur saam met laserskywe op gehoor te speel. Later het 'n vriend van die familie, Stephaan van Zyl, hom tou wys gemaak op die instrument. Daar word gereeld musiek gemaak aan huis van die Dorflings onder die wakened oog van Stephaan en oom Danie Labaschagne.


vlnr: xxx, Danie Labuschagne, Stephaan van Zyl, Martin Dorfling, Boetie van Zyl, Gert Jooste
TBK funksie 2006-01-26

Martin het 'n baie goeie kennis van boeremusiek geskiedenis en het onder andere 'n boek gewen met 'n boeremusiek kompetisie, in die program "Die Boeremusiek van…", waar die konsertina-speler herken moes word.

Hy bespeel tans dertien verskillende snaar en klawer instrumente en is ook deel van Die Sonop-Boereorkes.

Full Name: 
Dorfling, Martin
Birth Date: 
1987-04-29

Content type

Artists