Jan Heystek

Klankman van die Kaapland Boereorkes:
 
My naam is Jan Heystek, gebore 22 Januarie 1968. Ek is in Warmbad gebore maar het meeste van my skooljare op Koster deurgebring.
 
Ek is die eggenoot van Rolenda en pa van Janus Heystek. Ek is die man in Kaapland Boereorkes wat in die agtergrond rond hang en die orkes ondersteun met klank en logistiek.
 
Ek het van skooltyd al 'n liefde vir musiek en klank. Ek luister na 'n wye spektrum van musiek en ongelukkig het ek geen talent om enige instrument te kan bespeel nie. Die naaste was op skool die Trompie.
 
Ek het begin klank doen by ons kerk in Wellington Oos Gemeente, toe daar 'n behoefte vir 'n klankman was. Ek het by Kaapland Boereorkes betrokke geraak as gevolg van Rolenda en Janus se betrokkenheid by die orkes.
 
Met die betrokkenheid kan ons as 'n familie ons liefde vir Boeremusiek en talente wat ons van die Here ontvang het saam uitleef en geniet.
 
Ek is die orkes se Klankman, Logistieke Bestuurder, Skakel persoon, Busbestuurder en CD verkoper.
 
Kaapland Boereorkes is 'n ongelooflike span musikante wat baie nederig is en nooit vergeet waar hul talente en gawes vandaan kom nie, en dit maak van hulle een groot familie met die gades, wat Christus oral saam met hulle neem waar hul ookal optree.
 
Groete
Jan
Full Name: 
Heystek, Jan
Birth Date: 
1968-01-22

Content type

Artists