Blignaut, Christian August [Chris]

Chris is op 27 April 1897, in Johannesburg geboreHy het daar gewoon en gewerk totdat hy op Sondag 21 Julie 1974, op 77-jarige ouderdom oorlede is.

Alhoewel hy nie 'n beroepskunstenaar was nie het hy tog vir sy musiek geleweHy kan tereg vandag nog as 'n superster beskou word. Hy het vyf dekades lank die Afrikaanse sangwereld oorheersHy was kunstigsnaakssoms nostalgies en soms ook baie ernstig.

Hy het die meeste van sy liedjies self gekomponeer en het graag oor ons land, sy mense, die plaaslewe, die BoerenooiNuwejaarsfeeste en diere gesing. In sy liedjies kon hy maklik speelsemaar tog ook ironiese kommentaar lewerHy kon werklik fyn spot met mense en die alledaagse situasies waarin hulle beland hetHy het ook dikwels met die politiek die spot gedryf en mense aan albei kante van die politieke situasie van die dertigerjarekon skater vir sy NAT en SAP en ander liedjies.

Aan die begin van sy lang sangloopbaan het hy sanglesse geneemDit het daartoe bygedra dat daardie pragtige baritonstem van hom tot sy volle reg ontwikkel is. Hy was 'n natuurlike sanger en met sy geoefende stem en imponerende verhoogpersoonlikheid het hy 'n baie suksesvolle kunstenaar geword. (Hy het 120 kg geweeg.) Sy eerste verhoognaam was Harold Wise, want in daardie jare was die Afrikaner en sy kultuur nie juis van die gewildste nie. Chris het egter baie gou besef dat die Afrikaner sy eie taal en liedjies wou hoor en toe verder onder sy regte Boerenaam begin optree en 'n legende in die Afrikaanse volksmusiek geword.

Die Schlessinger-organisasie het in 1923 met radio-uitsendings in Suid-Afrika begin en Chris het ook in daardie jaar in sy eerste radio-uitsending opgetree met die liedjieO'Ruddier and the CherryHierna is hy genader om plate te maak.

Hy het self vertel dat hy sy eerste plate in 1930 gemaak het. Die opnames is plaaslik gedoen en die plate is in Engeland gedruk. In 1935 moes hy na Engeland gaan om die opnames daar te maak aangesien die maatskappy van mening was dat dit goedkoper is om die kunstenaar daarheen te neem as om die apparaat na Suid-Afrika te bring. Sy eerste opname in Londen was dié van Hannetjie verjaar. In Suid-Afrika, tydens plaatopnames, is hy deur verskillende kunstenaars begelei. Aan die begin was dit veral Dan Bothma en Hendrik Susan. 'n Ander groep wat hom ook dikwels begelei het, was bekend as Die Wolbekke.

Hy vertel dat meneer Scott-Wood die bewerking vir hom gedoen het. Dit was ook vir hom baie aangenaam om tydens hierdie besoek van hom vir John McGormack, Paul Robeson en Layton en Johnston te ontmoet. Dit was vir hom 'n belewenis om met hierdie beroemde kunstenaars te gesels. Chris was dan ook die aangewese sanger om in ons eerste Afrikaanse klankprent, "Sarie Marais", op te tree. Hy het in hierdie prent Afrikaanse liedjies gesing en was soms deur 'n koor agter die skerms begelei.

Jim Muller het hom ook op twee geleenthede vergesel en begelei toe hy die hele Suid-Afrika, Suidwes-Afrika en die destydse twee Rhodesiës besoek het tydens konserttoere.
Chris het Suid-Afrika altesaam vyf keer deurreis met geslaagde musiektoere, maar die mense kon maar net nie genoeg van sy goue stem kry nie. Hy was voorwaar in elke opsig 'n ware volksanger wat die hele Afrikaanse volk aan sy voete gehad het.

Aan die begin van sy loopbaan het hy vir hom 'n ukulele aangeskaf wat later sinoniem van hom geword het. Om te illustreer hoe gewild Chris werklik was net die volgende: Tydens een van sy optredes in Johannesburg is hy agt keer teruggeroep verhoog toe! Die dawerende applous was oorverdowend en Chris het besef dat hy op die regte pad was. Hy het daarna dikwels gese dat hy 'n man uit die volk is wat vir die volk sing. Werklik waar woorde!

Chris het ook liedjies uit ander tale wat vir hom mooi was, vertaal waarvan die treffendste voorbeelde sy Ou Ryperd is. Chris en hierdie liedjie is werklik sinoniem. Cissie en Willie Cooper het ook in daardie jare hulle bydrae gelewer en een van hulle talle treffers was Die Donkie wat Chris meesterlik vertolk het.

Oor hierdie wonderlike begaafde man kan 'n mens maklik liries raak. Terloops, hy was baie lief vir rolbal en het dit so dikwels as moontlik gespeel.

Oom Chris het sy huis "Afsaal" genoem. Sy Ou Ryperd is al lankal op genadebrood, maar het gelukkig vir ons behoue gebly. Met die geestesoog kan hulle nog dikwels gehoor en gesien word wanneer hulle gaan vry . . .

Full Name: 
Blignaut, Christian August [Chris]
Birth Date: 
1897-04-27
Decease Date: 
1974-07-21

Content type

Artists